Rugbyspeler verdrink op toer

luiperdsʼn Stut van die Luiperds-rugbyspan in Potchefstroom wat saam met sy spanmaats op toer was in Oos-Londen, het oor die naweek verdrink nadat hy deur ʼn seestroom meegesleur is.

Die stut, Kwena Collins Moremi, wat vir die o.19-span gespeel het, het saam met sy mede-spanmaats in die see gaan swem en in die moeilikheid beland. Sy spanmaats het tevergeefs probeer om hom te red.

Andre May, die president van die Luiperds, het aan OFM gesê van sy spanmaats is baie getraumatiseerd en is besig om berading te ondergaan.

ʼn Nadoodse ondersoek is Maandag op Moremi gedoen. Sy liggaam sal vandeesweek teruggestuur word na Noordwes. Volgens May behoort hy na verwagting oor die naweek in Limpopo begrawe te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ver Van Ryn ·

Jinne, dit is verskriklik…verbeel jou jy moet kyk hoe een van jou vriende weggesleep word tot die dood en jy kan niks daaraan doen nie. Dis ‘n ware nagmerrie hierdie, bid tog vir die arme mense wat dit moes sien gebeur het en met die gevoel van totale nutteloosheid moet lewe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.