Rugbyverkragting: Speler nie vervolg

Die Baby Blacks ná hulle teen die Baba Bokke verloor het. Foto: Luke Walker/Gallo Images

Die Nieu-Seelandse o.20-rugbyspeler wat daarvan verdink word dat hy ʼn Suid-Afrikaanse vrou verkrag het, gaan nie deur die polisie vervolg word nie.

Maroela Media het in Junie berig die Baby Blacks-speler is ondersoek nadat ʼn 22-jarige vrou, van Kaapstad, beweer het sy is deur dié speler verkrag. Die voorval het glo ná die span die eindstryd teen die Baba Bokke in die IRB junior wêreldkampioenskap verloor het. Die vrou kon egter nie haar verkragter uitwys nie, omdat sy glo niks van die voorval kon onthou nie. Die speler het kort na die voorval in ʼn verklaring erken dat hy die Baby Blacks se reëls oortree het deur ‘n vrou tydens die toer in sy hotelkamer toe te laat. Hy het egter beskuldigings van verkragting ontken.

Die Cape Times het Maandag berig die Nieu-Seelandse Rugby-unie is in kennis gestel dat die polisie die ondersoek laat vaar het en die saak gesluit het. Die speler sê hy is bly en verlig dat hy vrygespreek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.