Rugbywêreldbeker-uitslae: 1 Oktober 2011

Engeland het sy plek in die kwarteindronde van die Wêreldbeker-rugbytoernooi verseker deur Skotland met 16-12 te klop.

Engeland het die wedstryd in die 78ste minuut beklink toe die vleuel Chris Ashton die span se enigste drie aangeteken het. Johnny Wilkinson het vyf skoppe gemis maar het wel ʼn skepskop en twee strafskoppe deur die pale gestuur. Skotland het ʼn bonuspunt aangeteken maar sal huis toe gaan indien Argentinië Sondag teen Georgië wen.

Tonga het Frankryk met 19-14 geklop maar kon egter nie daarin slaag om deur te dring na die kwarteindronde nie. Tonga moes vier drieë druk om deur te dring. Die vleuel Vincent Clerc se drie in beseringstyd het ‘n bonuspunt en ‘n plek in die kwarteindronde vir Frankryk verseker.

Australië het Rusland 68-22 vertrap om sy plek in die kwarteindronde te verseker. Die vleuel Drew Mitchell het twee van die span se 10 drieë gedruk. Hy het egter in die tweede helfte ʼn dyspier verrek. Australië het teen rustyd reeds 47-5 voorgeloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.