Rugbywêreldbeker uitslae: 24 September

Die All Blacks het Frankryk met 31-17 geklop in hul kragmeting by die Edenpark-stadion in Auckland, Nieu-Seeland.

Nieu-Seeland het teen rustyd met 19-3 voorgeloop. Die All Blacks se Israel Dagg het twee keer oor die doellyn geduik terwyl Adam Thomson, Cory Jane en Sonny Bill Williams die span se ander drieë gedruk het. Maxime Mermoz en Francois Trinh-Duc het Frankryk se punte aangeteken. Die All Blacks kom op 2 Oktober teen Kanada te staan. Die Hane sal op 1 Oktober teen Tonga speel.

Engeland het Roemenië met 67-3 vertrap in hulle wedstryd by die Otago-stadion in Dunedin. Die Britte het teen rustyd met 34-3 voorgeloop. Engeland se Mark Cueto en Chris Ashton het elk ʼn driekuns behaal. Die span se vier ander drieë is deur Ben Youngs, Ben Foden, Manu Tuilagi en Tom Croft aangeteken. Engeland kom op 1 Oktober teen Skotland te staan terwyl Roemenië op 28 September vir Georgië sal pak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.