Argentinië het Skotland in ‘n naelbytwedstryd met 13-12 geklop tydens hul Groep B-wedstryd in Wellington in Nieu-Seeland.
Argentinië het in die 73ste minuut die enigste drie van die wedstryd gedruk met sy kaptein se doelskop na Lucas Gonzalez Amorosino. Argentinië staan steeds die kans om tweede in sy groep te eindig en deur te drink na die kwarteindronde.
Ierland is steeds bo in Groep C nadat hy Rusland met 62-12 geklop het. Die Iere het kort voor rustyd drie vinnige drieë aangeteken om met 36-0 voor te loop. Ierland het nege drieë aangeteken in die wedstryd. Ierland kom op 2 Oktober teen Italië te staan.
Samoa het Fidji met 27-7 geklop in hul Groep D-wedstryd by Eden Park. Suid-Afrika en Samoa pak mekaar op 30 September.