Ruimstestasie koes vir ruimte-afval

Die Internasionale Ruimtestasie moes Woensdagnag ‘n ontwykingsmaneuver uitvoer om ruimte-afval te ontwyk, berig die Russiese persburo, Interfax.

Die bemanning het hiervoor die straalaandrywing van ‘n Russiese vragskip gebruik wat aan die stasie gekoppel is. Die ruimte-afval is die oorblyfsels van ‘n Amerikaanse satelliet. Dit is nie die eerste keer dat die stasie ruimte-afval moes ontwyk nie.
Die stasie huisves op die oomblik drie Russe, twee Amerikaners en ‘n Japanner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.