Ruimte-musiekvideo ʼn treffer op Youtube

Kdr. Chris Hadfield sing David Bowie se “Space Oddity”. Foto: Youtube

Kdr. Chris Hadfield het Maandag teruggekeer aarde toe nadat hy vir vyf maande bevelvoerder van die Internasionale Ruimtestasie was.

Hadfield, ʼn Kanadees, het in sy vyf maande in die ruimte internasionale bekendheid verwerf hier op aarde aangesien hy gereeld video’s en boodskappe op Twitter geplaas het. Hadfield het voor sy terugkeer ʼn musiekvideo op Twitter gelaai waarin hy David Bowie se “Space Oddity” sing. Dit is vermoedelik die eerste musiekvideo om in die ruimte geskiet te word. Die video is al amper 4 miljoen keer op Youtube gekyk. Hadfield het en twee ander bemanningslede het gister teruggekeer aarde toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.