Ruimtemanne gaan “videospeletjies” speel

Nie die alledaagse stuurstang vir videospeletjies in die arkade nie.

Nie die alledaagse stuurstang vir videospeletjies in die arkade nie.

Wanneer ‘n vragtuig van die Europese Ruimteagentskap (ESA) oor ‘n paar maande weer sowat vyf ton voorraad na die internasionale ruimtestasie neem, sal daar ook ‘n besondere “speelding” aan boord wees.

Dié speelding is ‘n gevorderde stuurstang (joystick) wat die ruimtemanne in staat sal stel om robotte op die aarde mee te beheer. Dit sal ook van aanraaak-tegnologie gebruik maak. Die stuurstang sal ook weerstandbewegings naboots, en om te keer dat dit van die ruimtemanne in die gewiglose toestand “wegdryf”, is dit met ‘n harnas aan die “stuurman” vas.

Die doel van die eksperiment, wat sterk aan videospeletjies herinner, is om die langtermyn-effek van gewigloosheid op die motoriese bewegings van die ruimtemanne te toets. Sewe toetse word reeds beplan, maar nog toetse se inligting kan later maklik op die slim stuurstang se rekenaar gelaai word.

ESA se volledige verslag kan hier gelees word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.