Ruimtetegnologie vir oogoperasies

100217-N-7032B-023Dokters by die Maastricht-oogkliniek in Nederland het ruimtetegnologie ingespan om ‘n mikroskoop waardeur hulle sensitiewe oogoperasies uitvoer, te stabiliseer. Die bewing in die mikroskoop het dit onmoontlik gemaak om een uit elke vyf operasies uit te voer.

Die tegnologie wat ingespan is om die mikroskoop te stabiliseer, is ontwikkel om die teleskoop in ‘n moontlike toekomstige ruimte-sterrwag te stabiliseer, die revolusionêre Hummingbird-toestel.

Die mikroskoop se bewerasie is onder meer veroorsaak deur die wind wat die plafon waaraan die mikroskoop gemonteer is, laat vibreer het. ‘n Spoedwal voor die kliniek is ook verwyder omdat die mikroskoop begin bewe het elke keer as ‘n bus oor die wal ry.

Die gevolglike vibrasie van die mikroskoop was 100 keer minder as ‘n mens se haardikte, maar die twintig keer waarmee die mikroskoop die beeld vergroot, het delikate oogoperasies in gevaar gestel.

Bron: Europese Ruimteagentskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.