Ruimtetuig vandag “wakker gemaak”

Rosetta

Rosetta

‘n Ruimtetuig van die Europese Ruimteagentskap, Rosetta, word vandag “gewek” na dit in 2011 “aan die slaap” gemaak is.

Die Rosetta is in 2004  gelanseer om die komeet 67P/Churyumov–Gerasimenko te onderskep, en in November ‘n landingstuig op die komeet te laat land. Rosetta is, sedert dit gelanseer is, só gestuur dat dit drie keer om die aarde, en een keer om Mars geslinger is om vinnig genoeg te kan trek om by die komeet by te hou. Die tuig het ook by twee asteroïdes, Steins en Lutetia verbygetrek.

Vanaf die middel van 2011 is die tuig egter in ‘n diep slaap geplaas om energie te bewaar. Slegs die rekenaar en verwarmers, wat deur sonkrag aangedryf word, is “wakker” gehou.

Die Rosetta is nou meer as 800 miljoen kilometer van die aarde af, en dit sal die sein om te laat weet die tuig is nou wakker, 45 minute neem om die aarde te bereik.

Die tuig sal in Augustus langs die komeet wees, wanneer sy landingstuig Philae op die komeet gaan vasmeer.

Klik hier om ʼn video te sien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.