Rupert bied R2,34 miljard vir Caxton aan

logoDie sakeman Johann Rupert het ʼn aanbod van R2,34 miljard gemaak om ʼn maatskappy te koop wat ʼn groot aandeel in die mediagroep Caxton besit, berig Sunday Times.

Rupert het die aanbod gemaak om ElementOne te koop. Dié maatskappy besit ʼn 40% aandeel in Caxton en CTP Publishers and Printers. Caxton besit onder meer die dagblad The Citizen en verskeie ander gemeenskapskoerante. Rupert het die aanbod deur sy maatskappy, Remgro, gemaak. Remgro het in vennootskap met Rand Merchant Bank R475 miljoen in kontant aangebied en die res in aandele – geprys teen R22,51 per aandeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.