Rusland kla dooie advokaat tweede keer aan

Sergei. Foto: AFP

Sergei. Foto: AFP

Rusland het ‘n advokaat, wat in 2009 onder verdagte omstandighede in die ouderdom van 37 in die gevangenis dood is, vir ‘n tweede keer aangekla.

Sergej Magnitsky is in Julie verlede jaar nadoods aan belastingontduiking van 500 miljoen roebels (sowat R161 miljoen) skuldig bevind. Sy familie het dit as vals aanklagte afgemaak.

Magnitsky, wat vir die Hermitage Capital Management gewerk het, is destyds aangekeer nadat hy aangekondig het dat hy ‘n groot bedrogspul sou oopvlek waarby belastinginspekteurs, polisielede en bendelede glo betrokke sou wees.

Hy word nou daarvan aangekla dat hy 4,5 miljard roebels (ongeveer R1.4 miljard) verduister het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.