Russiese skip op eie stoom uit ys

Akademik Shokalskiy

Akademik Shokalskiy Foto: Andrew Peacock/footloosefotography en die Australasian Antarctic Expedition

Die Russiese navorsingskip, die Akademik Shokalskiy, wat die afgelope twee weke in die ys by Antarktika vasgesit het, is weer in ‘n noordelike rigting op koers na dit op eie stoom uit die ys kon losbreek.

Die skip het aanvanklik meer as 70 toeriste, wetenskaplikes en bemanningslede aan boord gehad, maar almal behalwe die 22 bemanningslede is onlangs per helikopter ontruim toe ysbrekers wat die skip te hulp gesnel het nie daarin kon slaag nie.

‘n Chinese ysbreker het self in die ys vasgeval geraak, en ‘n Amerikaanse superysbreker is intussen gestuur om te kon help. Die Amerikaanse skip is eers oor meer as ‘n week in die omgewing verwag.

Die Amerikaanse nuuswebwerf, die Drudge Report, het draak gesteek met die feit dat die navorsers in die omgewing was om navorsing oor aardverwarming te doen, toe die skip vasgeys het.

Lees ook:
Foto’s: Antarktika-redding
Vasgekeer in Antarktika: Hulle is uiteindelik gered!
Vasgekeer in Antarktika: Reddingspoging duur voort
Video: Al singend die nuwe jaar in, al sit hulle steeds vas in Antarktika
Ysbreker kon nie by Antarktika-skip uitkom nie
Antarktika-skip dalk binnekort bevry
Video: Toeriste vasgeys by Antarktika

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.