Rustenburg-man in sy huis doodgeskiet

Argieffoto

Andrew Lesame is op 26 November by sy huis in ‘n sekuriteitskompleks in Cashan-uitbreiding in Rustenburg doodgeskiet.

Lesame (35) was in sy huis aan die slaap toe twee verdagtes sy huis omstreeks 03:00 deur die glasskuifdeur betree het. “Een van die verdagtes het Lesame van naby in sy gesig geskiet,” het lt.kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. Lesame is op die toneel dood en die verdagtes het te voet gevlug. Na bewering het die verdagtes deur ‘n stormwatersloot toegang tot die kompleks bekom. “’n Plasmatelevisiestel, selfoon, en klanktoerusting is gesteel,” het Mokwabone gesê.

Sekuriteitswagte by die kompleks het die polisie ontbied.

Ao Brander doen ‘n beroep op die publiek om met die polisie by 014 590 4225 in verbinding te tree indien iemand enige inligting oor die moord beskik.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.