Rybewys kan dalk vier jaar vat

Die proses om ʼn rybewys te kry kan tot vier jaar neem indien die departement van vervoer ʼn nuwe voorstel aanvaar.

ʼn Woordvoerder van die departement van vervoer, Logan Maistry, sê die nuwe stelsel het ten doel om padsterftes te verminder. Volgens die voorstel sal ʼn persoon van die ouderdom van 16 mag aansoek doen om ʼn leerlingrybewys te kry, waarvolgens hulle ʼn motor mag bestuur wanneer daar iemand met ʼn rybewys saam met hulle ry. ʼn Persoon met ʼn leerlingrybewys sal egter nie meer as 80 km/h ry nie en sal ʼn swart ‘L’ plakker met ʼn geel agtergrond op hulle windskerm moet vertoon. ʼn Leerlingbestuurder sal dan minstens 120 uur op die pad moet spandeer waarvan 20 uur in die nag.

In hulle tweede jaar sal die persoon dan vir ʼn P1-lisensie aansoek moet doen waarvolgens hulle alleen sal mag bestuur teen ʼn spoedgrens van 90km/h. Indien hulle die spoedgrens oorskry sal hulle lisensie vir drie maande opgeskort word. Die persone sal ʼn rooi ‘L’ plakker met ʼn wit agtergrond op hulle windskerm moet vertoon. ʼn Persoon sal ʼn P2-lisensie kan kry in hulle derde jaar waarvolgens hulle ʼn spoedgrens van 100 km/h moet nakom en ʼn groen ‘L’ plakker in hulle windskerm moet vertoon. ʼn Persoon sal dan eers na vier jaar ʼn volledige rybewys kan kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.