Ryk Neethling ontken dwelmgebruik

Ryk Neethling. Foto: Facebook

Die Olimpiese swemmer Ryk Neethling ontken dat hy dwelms gebruik het tydens sy verhouding met die Amerikaanse Olimpiese ster Amanda Beard.

TimesLive berig dat Beard (30) in haar outobiografie, In the Water They Can’t See You Cry, beweer dat sy en Neethling tydens hul verhouding onder meer ecstacy, kokaïen en acid gebruik het. Beard sê sy kon by tye nie die gevegte waartydens hulle op mekaar geskreeu het hanteer nie en dat sy haarself begin sny het. Beard en Neethling het by die Universiteit van Arizona ontmoet en het in 1999 begin uitgaan. Hul verhouding het glo na die Olimpiese Spele in Athene in 2004 verbrokkel. Neethling ontken egter ten sterkste dat hy dwelms gebruik het. “Soos ek in my boek Chasing the Dream vertel het, was die verhouding stormagtig. Ek was egter verstom om te hoor van die inhoud rakende my in haar nuwe boek.” Neethling sê hy het nog nooit ʼn dwelmtoets gedop nie. “Dit moet genoem word dat internasionale atlete dikwels aan dwelmtoetse onderwerp word. Ek het elkeen van die amper 200 bloed- en urinetoetse wat ek in my loopbaan aan onderwerp is, geslaag.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.