Ryloper bedwelm, besteel

Twee mans het glo ‘n ryloper bedwelm en toe besteel voordat hulle hom uit hul motor gegooi, maar weer in die motor teruggetrek toe hulle opmerk iemand sien hulle.

“Ooggetuies het die polisie ontbied wat die motor agternagesit en op die N1-Suid naby Modimolle afgetrek het,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. “Die 26-jarige, erg bedwelmde man was binne-in die motor. Hy kon nie op sy eie staan nie, en het kneusplekke aan sy gesig gehad.”

Volgens Otto het die man ‘n rygeleentheid van Bela Bela na Tzaneen gesoek, en is ‘n drankie aangebied. “Hy kan niks onthou vandat hy die drankie gedrink het nie,” het sy bygevoeg. “Die verdagtes het die slagoffer ook glo van ‘n onbekende bedrag geld beroof.”

Die mans, onderskeidelik 27 en 44 jaar oud, is van Carousel View in Hammanskraal buite Pretoria. Hulle sal na verwagting Dinsdag op klagtes van poging tot moord en diefstal in die Naboomspruit-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.