Steve Forrest, die bekende Amerikaanse akteur wat die hoofrol in die 1970s televisiereeks S.W.A.T. vertolk het, is in die ouderdom van 87 oorlede.
Forrest se vrou, Christine, het die nuus Donderdag in Amerika bekendgemaak. Volgens Christine is hy vreedsaam op 18 Mei by sy huis in Thousand Oaks, Kalifornië, oorlede. Die rede vir sy afsterwe is nie bekendgemaak nie.
Hy word oorleef deur sy vrou, drie seuns en vier kleinkinders.