SA 4×400 m-aflosspan deur na finaal

Oscar gedurende Saterdag se 400m-naellope. Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

Suid-Afrika se 4×400 m-aflosspan vir mans gaan aan Vrydag se finaal deelneem.

Oscar Pistorius en sy spanmaats Ofentse Mogawane, Willem de Beer en Shaun de Jager kon nie Donderdag daarin slaag om die uitdun te voltooi nie. Mogawane het in die tweede skof van die aflos geval nadat hy kontak gemaak het met die Keniaanse atleet Vincent Killu. Die Keniane is gediskwalifiseer en Suid-Afrika het appèl aangeteken. Daar is besluit om Suid-Afrika in die finaal te laat deelneem. Suid-Afrika sal Saterdag as ʼn bykomende span in baan 9 hardloop. Mogawane het sy skouer vasgehou terwyl hy van die baan gestap het om mediese behandeling te ontvang. Hy sou die stokkie aan Pistorius oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.