SA Agulhas tree uit

Die SA Agulhas en SA Agulhas II lê langs mekaar gemeer by die V&A Waterfront in Kaapstad. Foto op Twitter gelaai deur die gebruiker @carbonsmart

Die polêrenavorsingsvaartuig SA Agulhas het haar laaste vaart afgesluit toe sy by die V&A Waterfront in Kaapstad gemeer het, het die departement van Omgewingsake gesê.

“Dit was die laaste vaart van die SA Agulhas. Die SA Agulhas II, wat haar sal vervang, het op 3 Mei aangekom,” het Henry Valentine, direkteur van die departement se Antarktiese program gesê. “Ons het nou die voordeel van beide skepe wat langs mekaar by die Waterfront gemeer is,” het hy gesê. Die skip het na Suid-Afrika se Antarktiese basis, Marion-eiland, in die Indiese Oseaan en die Verenigde Koninkryk se Gough-eiland in die Atlantiese Oseaan gevaar. Die SA Agulhas is reeds 34 jaar oud en dit het die vervanging genoodsaak. “Dertig jaar is lank vir ʼn polêre skip. Ons moes haar vervang. Ons het die SA Agulhas II met meer gesofistikeerde toerusting uitgerus,” het Valentine gesê.

“Dit is jammer dat die SA Agulhas nou moet uittree, maar dit word deur die nuutste oseaniese tegnologie vervang.” Die SA Agulhas sal nou as ʼn opleidingsvaartuig gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.