SA aktrise dood aangetref

imagesʼn Suid-Afrikaanse aktrise wat bekend was vir haar rol in die sepie Isidingo is Maandag in haar huis dood aangetref.

Lesego Motsepe se liggaam is omstreeks 11:00 Maandagoggend in haar huis in Randburg gevind deur haar broer. Sy is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Volgens haar familie is sy aan natuurlike oorsake dood. Motsepe sal onthou word vir haar die rol van Letti Matabane in Isidingo. Sy het van 1998 tot 2008 in die sepie gespeel. Motsepe het op Wêreldvigsdag in 2011 aangekondig dat sy MIV-positief is. “Sy het sedert 1998 met die virus saamgeleef,” het haar familie gesê. Motsepe word oorleef deur haar ma en broers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cindy

There is absolutely no time that laughing at someone’s death is appropriate.There is a moderate measure of respect that should be involved when someone passes away if not some moderate measure of solemnity.
I am surprised anyone would even entertain that it would be humourous.It really deeply disturbes me, for some reason, that someone would post things like this in a public community in response to the announcement of a death of someone’s daughter, sister and friend.

AmY

Sterkte aan die familie en vriende.

Pop

Eben vanaand drink ek n rooie op die rassisme kommentaar. Paar jaar terug vat ek my seun wat universiteit toe is aan oor hy ewe skielik so rassisties geraak het, en sy antw aan my was “Maaaaar Ma, hulle maak mens so!!!!!!!”