SA aktrise glo in Botswana aangerand

DIRCOʼn Suid-Afrikaanse aktrise is glo in Botswana aangerand, het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking Saterdag gesê.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, sê beamptes van Suid-Afrika se ambassade in Gaborone lewer bystand aan die aktrise Rosie Motene, wat die rol van ʼn joernalis vertolk in die sepie Generations. Monyela sê hy het bewus geword van die beweerde aanranding nadat Motene Saterdagoggend op haar Twitter-blad om hulp gevra het. Sy het getwiet: “Ek benodig hulp van SA, ek is aangerand in Botswana en tans in Bokamo-hospitaal, die polisie wil nie kom nie en ek kort hulp! Geen grap.” Monyela sê beamptes van die ambassade het met dokters in Botswana ontmoet en hulle meen sy is sterk genoeg om terug te reis na Suid-Afrika. “ʼn Familielid sal haar op die lughawe ontmoet en sy sal mediese bystand in Suid-Afrika kry.” Dit is in die stadium onduidelik wat gebeur het en hoekom Motene in Botswana was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.