SA avonturier in Peru aangeval

David du Plessis. Foto: Facebook

David du Plessis, ʼn jong Suid-Afrikaanse avonturier, is in ʼn stabiele toestand in ʼn hospitaal in Lima, Peru nadat hy deur twee jong mans aangeval en drie keer geskiet is.

Du Plessis (24) is Saterdag deur die twee jong mans aangeval terwyl hy in ʼn kajak op die Ucayali-rivier gevaar het. David se pa, Louis, sê die eerste skoot het sy seun van die kajak laat af val terwyl die tweede skoot hom getref het terwyl hy vir die kant geswem het. Hy sê sy seun is ʼn derde keer geskiet toe hy die kant bereik het. “Hy het besef die enigste manier om te vlug is om te hardloop. Hy het nagenoeg 5 km gehardloop ondanks interne bloeding en ʼn wond aan sy nek wat sy spraak vertraag het.” David se ma, Robyn Wolff, sê haar seun is gelukkig om te leef aangesien dit 10 uur geneem het vir hom om by ʼn hospitaal uit te kom. David het tydelike gehoorverlies en daar moes vloeistof uit sy een long gedreineer word. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.