SA-beampte afgedank na hy glo dronk was by blommeskou

Een van die merkwaardige uitstallings by die Chelsea-blommeskou in Londen Foto: Andy Paradise

Een van die merkwaardige uitstallings by die Chelsea-blommeskou in Londen Foto: Andy Paradise

ʼn Senior Suid-Afrikaanse beampte is afgedank nadat hy glo onder die invloed van alkohol by die bekende Chelsea-blommeskou in Londen opgedaag het.

“Tami Sokutu, voorsitter van die SA Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI), is ontslaan uit sy posisie”, het Edna Molewa, minister van omgewingsake, se kantoor Woensdag in ʼn verklaring gesê. “Die minister het onlangs te hore gekom van ʼn voorval wat glo in Mei 2013 plaasgevind het, wat verband hou met bewerings dat Sokutu onder die invloed van alkohol was by die Chelsea-blommeskou.”

Molewa het Sokutu vir sy leierskap die afgelope ses jaar bedank.

Nana Magomola sal as waarnemende voorsitter optree totdat ʼn nuwe aanstelling gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Seg Net ·

Vuurman is dit nie maar hulle gewone elke dag werk gedrag nie?

JAVR ·

Ag weet julle, ons naam is al so met ‘n plank gebli..em oorsee dat hierdie ou dingetjie maar net NOG ‘n strooihalmpie is! En julle weet hoe common kan die skadus raak as dit dronk is! Dank vader dit was nie een van vuurtjie se medewoners nie! Dan was daar sports!

Desirè Joubert ·

Hoekom kan n blanke persoon nie vir n slag aangestel word in die plek van n swarte wat drooggemaak het nie,dis mos nie net hulle land nie?!

Gert Malan ·

Mooi so, Tami Sokuto, jy is verseker van ‘n baie hoer posisie in ‘n ander departement! In vandag se tyd bedank ‘n swartmens nie uit ‘n pos nie, hy jaag nonsens aan want danis hy verseker van ‘n hoer pos elders. Doen so voort! You ANC-nothing yet!!!!!

Lawrance ·

n’ Onvettige shebeen in Chelsea??? NOOIT!!!! Wonder hoe het Tami die plek uitgesnuffel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.