SA-boere sukkel in die Kongo

Suid-Afrikaanse boere by 'n vergadering in Malolo in Kongo in 2012 Foto: Theo de Jager, AgriSA

Suid-Afrikaanse boere by ‘n vergadering in Malolo in Kongo in 2012 Foto: Theo de Jager, AgriSA

Slegs nege van ʼn groep van 29 Suid-Afrikaanse boere wat in 2011 na die Kongo verhuis het, boer nog steeds, het Rapport Sondag berig.

Mislukte oeste, interne rusies, slegte weer en ʼn tekort aan geld het talle van hulle gedwing om tou op te gee.

Sommige van die boere was nie in staat om na Suid-Afrika terug te keer nie, aangesien hulle nie genoeg geld oorgehad het nie, volgens die landbouorganisasie AgriSA.

Die boere en AgriSA het gesê die eerste twee oeste het misluk, aangesien hul toerusting en kunsmis te laat opgedaag het. Hulle het in Desember 2011 uit Suid-Afrika na die vrugbare Niari-vallei verhuis, sowat 300km van die hoofstad Brazzaville.

“Die jongste oes is goeie nuus, maar ons is kniediep in die skuld. Die oes het nie eers vir die diesel betaal nie,” het Gavin Pote, een van die boere, aan Rapport gesê.

Verlede jaar se oes het ongeveer 2 400 ton mielies opgelewer. Theo de Jager, vise-president van AgriSA het ʼn oes van 10 000 ton in 2012 voorspel.

Dewald Meyer, ʼn sakeman van Worcester, wat probeer om geld in te samel om die boere te help, sê die projek het steeds ʼn groot potensiaal. “Ons het foute gemaak, maar ons kan daaruit leer. Die Kongo kan Afrika se broodmandjie word.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

En sodra hul moontlik sukses bereik sal hul vinnig moet oppak en hol. Kyk maar na die Kongo se geskiedenis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.