SA-bokskampioen sterf

Johnny du Plooy. Foto: Facebook

Johnny du Plooy, die voormalige Suid-Afrikaanse swaargewig-bokskampioen, is op 48-jarige ouderdom oorlede.

Hy is Vrydagoggend dood in sy bed by sy huis in Primrose, in die suide van Johannesburg, gevind.

Die presiese oorsaak van sy dood moet nog bepaal word. Daar word egter vermoed dat Du Plooy weens ʼn hartaanval gesterf het. Hy is verlede jaar vir agt dae in die hospitaal behandel vir hartprobleme.

SuperSportBlitz het op Twitter geskryf Du Plooy het tydens sy boksloopbaan 27 van sy 33 gevegte gewen. Hy het 22 hiervan met ʼn uitklophou gewen. Hy het slegs vyf van sy gevegte verloor en een het gelykop geëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.