SA dalk 500 renosters armer teen 2013

Die Valke het Woensdag gewaarsku dat SA meer as 500 renosters vanjaar kan verloor as stropers die land bly plunder. Foto: all4women.co.za

Na verwagting sal soveel as 556 renoster vanjaar vrek as stropers Suid-Afrika bly plunder het die Valke Woensdag gewaarsku. Die syfer is by die eerste Nasionale Renosterbewaringsdialoog wat in Midrand gehou is, bekendgemaak.

Volgens Kolonel Johann Jooste is die syfer afgelei van die hoeveelheid renosters wat daagliks gestroop word. Jooste het gesê daar is reeds 148 stropers in hegtenis geneem en arrestasies kan ʼn invloed op die syfer hê.

Die departement van omgewingsake het Maandag aangekondig dat 227 renosters sedert die begin van die jaar gestroop is. Daarvan is 137 in die Kruger Nasionalepark, en nog 31 in Limpopo, gestroop.

Volgens Fundisile Mketeni, adjunk direkteur-generaal van biodiversiteit en bewaring by die departement van omgewingsake, is hierdie een van baie gesprekke wat oor die onderwerp gehou sal word. Die gesprekke sal die departement help met die nasionale, streeks en internasionale kwessies rondom renosterstropery. Dit sal ook eindelik lei tot die vorming van ʼn handelsooreenkoms en die hersiening van die Renosters-sekuriteitstrategie.

ʼn Ooreenkoms oor renosterstropery is reeds tussen Suid-Afrika, Vietnam en China opgestel en sal binnekort onderteken word. Die volgende ooreenkoms sal Thailand teiken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.