SA-diplomate na Jemen oor ontvoerde paartjie

Suid-Afrikaanse diplomate het Woensdag na Jemen vertrek om te help met onderhandelinge om ʼn Suid-Afrikaanse egpaar wat Maandag daar ontvoer is, vry te laat.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het laat Dinsdagmiddag bevestig dat die twee mense wat Maandag deur gewapende mans in Taiz ontvoer is, wel Suid-Afrikaners is.

Maroela Media het intussen die identiteite van die egpaar bekom. Die egpaar se name mag egter nie in die stadium bekend gemaak word alvorens die familie in kennis gestel is nie.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, het Woensdag gesê ambassadeurs van die aangrensende land, Saoedi-Arabië, is onderweg na Jemen om met die onderhandelingsproses te help. Suid-Afrika se ambassade in Saoedi-Arabië is by Jemen geakkrediteer.

Maroela Media het vroeër berig die paartjie, wat aanvanklik as toeriste aangesien is, was glo betrokke by die ontwikkeling van die hotel waar hulle ontvoer is. Die ontvoering hou glo verband met ʼn gronddispuut tussen ʼn plaaslike leier en owerhede. Die leier is glo vir die ontvoering betrokke en gaan die paartjie vermoedelik gebruik vir onderhandelinge met die regering.

Lees ook:
Ontvoerdes in Jemen wel van SA
Gerugte van ontvoerde SA’ners in Jemen ondersoek
Twee van SA glo in Jemen ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.