SA-dwelmmuil terug van Mauritius

Anneline Mouton word terugverwelkom op die lughawe

ʼn Suid-Afrikaanse vrou het pas huis toe gekeer nadat sy sewe jaar in Mauritius tronkstraf uitgedien het vir dwelmsmokkelary.

Die Cape Argus het berig dat die voormalige IT-klerk Anneline Mouton (37) Donderdag in Kaapstad geland het. Sy is in 2004 in hegtenis geneem toe polisie 674 gram heroïen in haar skoene opgespoor het. Haar saak het twee jaar geneem om in die hof te verskyn en sy is uiteindelik tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis. Luidens die berig was sy in daardie stadium vier maande swanger, maar sy het die baba verloor terwyl sy in die tronk was. Sy het glo gesê: “Jy weet jy pleeg ʼn misdaad, ja, ek het iets gedoen. Ek het iets verkeerd gedoen, ek is baie jammer ek het dit gedoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.