SA-dwelmmuil tot 15 jaar gevonnis

Nolubabalo Nobanda

‘n Suid-Afrikaanse vrou wat daarvan aangekla is dat sy dwelms na Thailand in haar rastalokke ingesmokkel het, is Maandag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Die hof in Thailand het haar aanvanklik tot 30 jaar gevonnis, maar dit is verminder nadat sy skuld op die aanklag erken het. Sy is ook ‘n boete van R250 000 opgelê.

Nolubabalo Nobanda (23), van Grahamstad in die Oos-Kaap, is in Desember 2011 in die Bangkokse internasionale lughawe in hegtenis geneem nadat sy probeer het om kokaïen met ‘n straatwaarde van R1,2 miljoen te smokkel. Sy het 1,5kg kokaïen in haar rastalokke versteek.

Die departement van internasionale verhoudinge en samewerking het hulle voortgesette steun beloof aan Nobanda en haar gesin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.