SA een van die vriendelikste lande

Immigrante beskou Suid-Afrika as een van die vriendelikste lande om in te woon, volgens ’n lys wat op Forbes.com verskyn het.

Die Cayman-eilande, Australië, en die Verenigde Koninkryk is as die drie nasies aangewys waar dit glo die maklikste is om met die plaaslike inwoners ‘n vriendskap aan te knoop, die plaaslike taal aan te leer, en om by die gemeenskap en kultuur in te skakel, het HSBC Bank International se jaarlikse Expat Explorer-peiling bepaal.

Die Cayman-eilande het baie goed in al dié kategorieë gevaar, en is uiteindelik in die eerste posisie aangewys. 75% van immigrante het gesê dit was vir hulle maklik om by die plaaslike gemeenskap in te skakel. In Australië was die 72% en in die Verenigde Koninkryk 73%.

5 339 immigrante in nagenoeg 100 lande het aan dié opname tussen Mei en Julie 2012 deelgeneem.

Die onvriendelikste land volgens die Forbes-formule is Indië. Die land wat die grootste uitdaging vir immigrante bied is Kuwait.

Verlede jaar se vriendelikste lande, Nieu-Seeland, Australië en Suid-Afrika, het goed gevaar, aangesien helfte van die immigrante Engels moedertaalsprekers was.

Hong Kong het algeheel die beste gevaar, en immigrante was veral beïndruk met die hoë salarisse en oorvloedige werksgeleenthede, maar dit het nie so goed gevaar in terme van gemeenskapskakeling en vriendskappe met plaaslike inwoners nie.

Hier is die top 10 vriendelikste nasies:
1. Cayman-eilande
2. Australië
3. Verenigde Koninkryk
4. Kanada
5. Nieu-Seeland
6. Spanje
7. VSA
8. Bermuda
9. Suid-Afrika
10. Maleisië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.