SA egpaar glo deur Al-Kaïda aangehou

Pierre Korkie

Die Bloemfonteinse egpaar wat verlede maand in Jemen ontvoer is, word glo deur militante van die organisasie Al-Kaïda as gyselaars aangehou.

ʼn Top veiligheidsbeampte het aan AFP gesê dat die ontvoerders die paartjie in ʼn bergagtige gebied in Hazm al-Udain, sowat 50km van die hoofstad Taiz, aanhou. Maroela Media het verlede maand eksklusief berig dat Pierre en Yolande Korkie van Bloemfontein op 27 Mei voor ʼn hotel in Taiz ontvoer is. Die egpaar en hul twee kinders was op pad na Suid-Afrika om Pierre se pa se begrafnis by te woon, toe hulle ontvoer is. Pierre het glo as ʼn Engelse onderwyser in Jemen gewerk. Die paartjie was glo betrokke by die ontwikkeling van die hotel waar hulle ontvoer is en hul ontvoering hou glo verband met ʼn gronddispuut tussen ʼn plaaslike leier en owerhede. Diplomate van Suid-Afrika is kort na die ontvoering na Jemen om te help met onderhandelinge vir die Korkie-egpaar se vrylating. Daar is egter tot dusver geen verdere besonderhede hieroor bekend gemaak nie.

Lees alles oor Pierre Korkie.

Lees ook:
Ontvoerde SA’ners in Jemen is egpaar van Bfn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.