SA egpaar pleeg glo selfmoord in Mauritius

Trou aux Biches-strand. Foto: www.mauritiusviews.com

ʼn Suid-Afrikaanse egpaar het glo saam selfmoord gepleeg in die see by Mauritius.

Le Mauricien berig dat die liggame van Jannon Dean Solomon en Marie Collins Woensdag in die see sowat 300m van die Trou aux Biches-strand gevind is. Volgens die berig was hulle hande aanmekaar vasgemaak met ʼn tou wat ook aan ʼn groot rots vasgemaak was. Die egpaar was glo sedert 6 April vermis gewees. ʼn Verlate roeibootjie is naby die egpaar se liggame gevind. In die bootjie is ʼn sak gevind met ʼn handgeskrewe nota en ʼn stuk tou. Daar is ook ʼn motorsleutel in Jannon se broeksak gevind wat die polisie na ʼn groen Kia gelei het. Die motor was op die Mon Choisy-strand geparkeer. Jannon se identiteitsdokument is in sy motor gevind. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.