SA en Somalië bespreek vrylating van gyselaars

Bruno Pelizzari en Debbie Calitz.

Suid-Afrika en Somalië is in gesprek om die terugkeer van twee Suid-Afrikaners wat deur seerowers as gyselaars aangehou word se terugkeer te probeer bewerkstellig.

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maite Nkoana-Mashabne, het Dinsdag meet haar Somaliese eweknie, Mohamed Abdullahi omar, vergader waartydens ʼn ooreenkoms gesluit is vir die vestiging van diplomatieke betrekkinge. “Die onstabiliteit in sekere dele van Somalië bied ongelukkig vrugbare grond vir die plaag van seerowery,” het Nkoana-Mashabane in ‘n verklaring gesê. “Suid-Afrika is bekommerd oor die bedreiging van seerowery en gewapende roof aan die kus van Somalië, veral oor die bedreiging in die Mosambiek-kanaal.” Bruno Pelizzari en Deborah Calitz van Durban is op 26 Oktober 2010 deur seerowers ontvoer terwyl hulle aan die kus van Tanzanië geseil het. Verlede maand het die hulplenigingsorganisasie, Gift of the Givers, verneem dat Pelizzari en Calitz “verkoop” is en verskeie kere as ʼn “kommoditeit” rondgeskuif is sedert hulle ontvoer is. ʼn Werknemer van Gift of the Givers het glo die paartjie lewend in ’n kamp vol gyselaars opgemerk. Nkoana-Mashabane sê haar departement het Sondag met Pelizzari en Calitz se gesinne ontmoet. “Ons sal in kontak met hulle bly en voortgaan om hulle te ondersteun en op hoogte te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Salomè Potgieter ·

Dis goeie nuus! Daar moet minstens iets goeds spruit uit die honderd miljoen skenking wat SA aan Somaliè gemaak het vir die her-opbou van die land se infrastruktuur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.