SA-fietsryer breek sy eie rekord

Bernard Esterhuizen

Bernard Esterhuizen, Olimpiese baanfietsryer, het oor die naweek sy eie nasionale rekord in die kwalifiserende 200m-wedren by die UCI Baan Wêreldbeker in Aguascalientes, Meksiko, gebreek.

Esterhuizen het glo van die voordelige toestande in Meksiko weens die hoë hoogte bo seespieël gebruik gemaak, en die ou rekord met 0.448 sekondes verbreek, deur die wedren in 9.786 sekondes klaar te maak. Esterhuizen het die eerste Suid-Afrikaanse fietsryer geword om die magiese 10-sekonde grens vir 200m te verbreek.

Juan Peralta Gascon van Spanje het die vinnigste kwalifiserende tyd van 9.633 sekondes opgestel.

Nadat Esterhuizen in die agtste posisie van 49 fietsryers klaargemaak het, het hy ‘n strawwe eerste rondte gehad toe hy net ná Fransman Michael D’Almeida oor die wenstreep gejaag het. Hy het egter al drie sy daaropvolgende rondtes gewen en uiteindelik algeheel in die negende posisie geëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.