SA-filmmaker sterf in Namibië-vliegtuigongeluk

Richard Matthews. Foto: wildlife-film.com

Richard Matthews, ʼn natuurlewe-filmmaker van Kaapstad, is die naweek in ʼn vliegtuigongeluk in Namibië oorlede.

Matthews en die vlieënier, Mark Berry, se ligte vliegtuig het Sondag in Koakoland vermis geraak nadat hulle beeldmateriaal van Purros se rivierbeddings vanuit die lug verfilm het.

Katherina Pechel, Matthews se vennoot, het aan The Cape Times gesê Matthews het aan ʼn internasionale dokumentêre film gewerk.

Twee vliegtuie het Maandag na die vermiste vliegtuig gesoek, maar kon niks opspoor nie. Polisiehelikopters het Dinsdag omstreeks 11:00 die vliegtuig se wrak opgespoor.

“Dit wil voorkom of die vliegtuig heeltemal uitgebrand het. Daar was geen oorlewendes nie. Dit is regtig vir ons ʼn groot skok en terugslag,” het Pechel aan die koerant gesê.

Matthews het Table Mountain Films  besit saam met sy vennote, Pechel en Joe Kennedy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.