Egiptiese owerhede het Adil Bradlow, die Suid-Afrikaanse kameraman en fotojoernalis wat in die land aangehou is, vrygelaat, het die regering Sondag bevestig.
“Bradlow is op pad na die lughawe in Kaïro,” het Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, kort ná 15:00 aan SAPA gesê. Bradlow sal uit Egipte na die Verenigde Koninkryk vlieg. “Hy is op pad na Engeland; hy het Egipte met ‘n Britse paspoort betree. Hy sal vandaar na Suid-Afrika terugkeer.”
Monyela wou nie enige verdere besonderhede oor die vrylating bekend maak nie.
Bradlow het nuusgebeure in Kaïro vir Al Jazeera gedek toe hy verlede week Donderdag saam met drie kollegas aangekeer is.
Hoeveel Suid-Afrikaners is in aanhouding sonder dat die breër publiek daarvan weet?