SA gaan optree teen ou reisverbodlys

Tokyo Sexwale Foto: Werner Beukes/SAPA

Tokyo Sexwale Foto: Werner Beukes/SAPA

Die departement van internasionale betrekkinge gaan aanhou met pogings om uitgedateerde reisverbodlyste wat voormalige ANC-vryheidsvegters se name op het, reg te stel.

“Die Suid-Afrikaanse regering het reeds die saak met regeringsamptenare in Amerika bespreek en ons sal daarmee aanhou totdat dit reggestel is,” het Clayson Monyela, die departement se woordvoerder, gesê.

Dit volg nadat die voormalige minister Tokyo Sexwale verlede week by die JFK-lughawe aangehou is, nadat beamptes sy naam op die wêreldwye terroristelys gesien het. Lees meer hier.

Sexwale en verskeie ander anti-apartheidsaktiviste is op die verbodlys geplaas gedurende die apartheidsera. Hul name is nie ná 1994 van die lys verwyder nie.

Sexwale het intussen veilig in die land aangekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.