SA gee onderneming oor Dewani

Shrien en Anni Dewani

Shrien en Anni Dewani

Die Suid-Afrikaanse regering het bevestig dat hy ʼn onderneming sal gee oor hoe lank Shrien Dewani in die land gehou gaan word.

Die regering het onder meer belowe dat Dewani, wat beskuldig word van die moord op sy bruid, Anni, op hul wittebrood in Kaapstad, na Brittanje teruggestuur sal word as hy te siek is om verhoor te word. Dit kom nadat Dewani se appèl teen sy uitlewering vroeër die maand in die Londense hoërhof van die hand gewys is. Daar is beslis dat Dewani uitgelewer kan word as die Suid-Afrikaanse regering ʼn onderneming gee van hoe lank Dewani sonder verhoor in die land gehou sal word. Die regering moes ook onderneem om hom terug te stuur as hy nie gesond genoeg is om verhoor te word nie. Dewani veg teen uitlewering op grond van sy geestesgesondheid.

Shrien se vrou, Anni, is in November 2010 tydens hul wittebrood in Kaapstad vermoor. Dewani word daarvan beskuldig dat hy Anni deur huurmoordenaars laat vermoor het. Drie mans is reeds aan haar moord skuldig bevind en gevonnis.

Lees ook:
Shrien Dewani kan uitgelewer word
Shrien Dewani: Uitspraak voorbehou
Shrien Dewani moet uitgelewer word
Nog bewerings van gayseks teen Shrien Dewani
Shrien Dewani mag aan SA uitgelewer word
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Dewani in hospitaal opgeneem
Anni Dewani se moordenaar gevonnis
Mngeni skuldig bevind aan moord op Anni Dewani
Dewani psigiaters glo sakevennote
Dewani se familie woedend oor T-hemde
Dewani-moord: twee verdagtes in die hof
‘Dewani-moordverdagte kan nie verhoor word’
Dewani word nie nou uitgelewer nie
Dewani hoor vandag oor uitlewering
Moontlike ooggetuies in Dewani-moord
‘Nuwe’ onthullings oor Dewani-moord
Dewani teken appèl aan teen uitleweringsbevel na SA
Brittanje teken Dewani-uitleweringsbevel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.