SA het bloedtekort

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het ʼn ernstige tekort aan bloed met slegs sowat twee dae se voorraad.

Vanessa Raju, woordvoerder van die SANBS, het aan die Saturday Star gesê dat daar slegs bloed gegee sal word in “absolute noodgevalle” soos ongelukke weens die lae bloedvoorraad. Volgens die berig sal sommige beplande operasies en behandelings met bloed uitgestel word weens die tekort. Raju sê daar moet gewoonlik vyf dae se bloedvoorraad wees. Hy sê die tekort is moontlik as gevolg van minder mense wat bloed skenk in die vakansietydperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.