“SA het nie leiers nie, net diewe”

Agang se leier, dr. Mamphela Ramphele. Foto: Werner Beukes/Sapa

Agang se leier, dr. Mamphela Ramphele. Foto: Werner Beukes/Sapa

Dr. Mamphela Ramphele, die leier van Agang SA, het Woensdag gesê Suid-Afrika het ʼn tekort aan goeie en doeltreffende leierskap.

“Ons het nie leiers nie, ons het diewe,” het Ramphele aan Myra Maboya, wat ʼn gesondheidwinkel in Tembisa in Gauteng besit en bestuur, gesê. Ramphele het ʼn besoek afgelê aan die Tembisa Selfhelpvereniging van die Gestremde, ʼn nieregeringsorganisasie wat verskeie entrepreneurskapprojekte aanbied en gestremdes ondersteun.

Maboya het gesê sy bestuur al vir die afgelope 20 jaar haar gesondheidswinkel as een van dié entrepreneurskapsprojekte. “Ek koop gesondheidsprodukte en verskaf dit aan inwoners van die informele nedersetting. Die onderneming is suksesvol,” het Maboya gesê.

Ramphele het Maboya versoek om met haar goeie werk aan te hou.

“Die land het baie talentvolle mense wat bereidwillig is om hul merk te maak, maar swak leierskap belemmer hul vordering,” het sy gesê.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eben ·

Dr. Mamphela Ramphele hoe meer ek van jou lees hoe meer hou ek van jou! Dit wat jy sê is so waar!!

Willy ·

En party word multimiljoeners uit BEE kontrakte en ons kinders met kwalifikasies sukkel om werk te kry, nê Ramphele.

Trippie ·

Stem !

***

“Die land het baie talentvolle mense wat bereidwillig is om hul merk te maak” – (dis waar dit stop) – ons kinders moet hul vaderland verlaat om elders ‘n bestaan te maak.

Seg Net ·

Wat julle seg is waar. Wat ek seg is weg met die ANC regering en dring enige ander party in behalwe Malema se EFF. Op hierdie stadium maak Ramphele die regte geluide, nie te seg dat sy dit sal nakom nie, maar enige verandering van regering kan net beter en beslis nie slegter. Ons almal kritiseer die regering, en met reg. Ons probleem is dat ons al die ander politieke partye ook kritiseer. Wie van die huidige politieke partye wil julle of dan ons aan bewind hê? Ek het nog nie een persoon hier oF op Praag raak gelees wat met enige van die huidige partye saamstem nie. Ons Afrikaners is so leierloos dit is een groot grap. Dit begin nou al die punt van belaglikheid bereik. Tot die VF het ook nou al vernuwe? Nee so sal ons niks bereik nie en sal vir ons en ons kinders se bestaan nog steeds rond dobber en geen rigting kry nie. Ons moet besluit wat ons wil hê en wat nie. Hoe moet nie vir my vra nie. Wie en waar is die sogenaamde Afrikaanse leiers? Ek ken hulle nie.

JAVR ·

Yip, gravytrain se wiele is sy! Pot calling the kettle black. Maar ek stem saam ons het net bleddie diewe in die regering! Mobsters … sy moet passop want hulle sal haar sommer gou gou laat verdwyn!

Stoere Boer ·

Dis maklik om ander te vertel hulle is skelm maar hoe word jy so vinnig ‘n miljoenêr soos wat sy geword het. Gee toe sy het top poste beklee danksy die skoen

Elize ·

Stem saam,met die die lyers,wat almal diewe is,maar wat van Moordenaars.Hulle het mos toe die witman aan bewind was,almal moord gepleeg,en vandag is hulle ons ministers.
Mandella, word vandag soos n Afgod behandel.Ek se maar net.

gewone S Afrikaner ·

Uiteindelik het iemand die nerves om hardop te praat. Ja ek stem. Di huidige regering is ni n grap ni. Hulle is n riller!!

HELENA SEABORNE ·

JIS VROU, NOU PRAAT JY. EINTLIK IEMAND WAT SENSE PRAAT.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.