SA is agter met internettoegang

ʼn Ondersese optiesevesel kabel wat later vanjaar op tien punte aan die weskus van Afrika sal aansluit behoort die kontinent se internettoegang en -gebruik ʼn beduidende hupstoot te gee. Foto: chinaopticcable.com

Toegang tot die internet in Suid-Afrika, die kontinent se ekonomiese reus, is baie laag as dit met ander lande in Afrika vergelyk word.

Volgens ‘n verslag van Google Suid-Afrika, wat Dinsdag bekendgemaak is, kan dit aan SA se hoë wyebandkostes en onvoldoende infrastruktuur toegeskryf word. Volgens die verslag was daar in 2011 8,5-miljoen internetgebruikers teenoor 6,8-miljoen gebruikers in 2010. Dit bring die groei in internetgebruikers tot 17% waar dit reeds in Nigerië op 29% staan. Lande soos Egipte, Marokko en Kenia volg kort op Nigerië se hakke.

Die verslag sê verder dat die Suid-Afrikaanse groei hoofsaaklik toegeskryf kan word aan die gebruik van slimfone wat sedert 2008 in Suid-Afrika vlam gevat het.

Luke Mckend, bestuurder van Google SA, sê dat toegang en kostes die grootste probleem is as dit by internetkonneksies kom, veral in minder ontwikkelde lande. Mckend glo egter dat die nuwe ondersese optiesevesel kabel, wat later vanjaar groot gedeeltes van die kontinent sal verbind ʼn positiewe invloed op Afrika se wyebandkonneksies sal hê.

Die kabel gaan op tien punte langs die weskus van Afrika aansluit. Dit beloof ʼn hupstoot in Afrika se internet waar nog net 9,6% van mense die internet gebruik tenoor Europa se 65%. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.