SA joernaliste, slagoffers van misdaad in NS

Twee Suid-Afrikaanse fotograwe is van toerusting van nagenoeg R60 000 beroof in Auckland in Nieu-Seeland.

Die Star berig daar is na Suid-Afrika se kragmeting teen Samoa by Christiaan Kotze en Barry Aldworth se huurmotor ingebreek. Twee skootrekenaars, fotografiese toerusting, geld, klere en ʼn tent is gesteel. Aldworth sê hulle motor was by ʼn aflaaipunt vir die media geparkeer en dat daar aan hulle gesê is dit is veilig om daar te parkeer. Verlede week is daar by die SuperSport-joernaliste, Brenden Nel en Gavin Rich, se motor ingebreek by ʼn parkeerarea by ʼn hotel in Auckland. ʼn Ipod is gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae