SA kan weer vleis uitvoer

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrika het weer die bek-en klouseer vrye sone status, waar inenting nie toegepas word nie, met ingang van 14 Februarie 2014 herwin.

Die nuus is in ‘n amptelike brief van die internasionale dieregesondheidsorganisasie (OIE) bevestig. Die OIE sal ‘n verklaring op sy webwerf publiseer oor die herinstelling van die sone van Suid-Afrika. Die Wetenskaplike Kommissie van die OIE sal ook ‘n afvaardiging van kundiges teen die einde van 2014 na Suid-Afrika stuur om sekere regstellende maatreëls te verifieer.

“Van die bedryf se kant van die rooivleisprodusente-organisasie (RPO) wil ons die departement van landbou, bosbou en visserye gelukwens met hierdie baie positiewe prestasie en ons sal nou saam met ander instansies in die bedryf en die departement en ander rolspelers in die bedryf werk om te voldoen aan hierdie maatreëls,” het Lardus van Zyl, voorsitter van die nasionale RPO, in ʼn verklaring gesê. “Dit is baie goeie nuus vir Suid-Afrikaanse Landbou. Dit word beraam dat die jaarlikse verlies sedert Suid-Afrika sy status verloor het, omtrent R4 miljard per jaar beloop het.”

Dit is nie net goeie nuus vir rooivleisuitvoer nie, maar ook die huide, velle en leer-bedryf sowel as die stoet en ander industrieë soos suiwel en wol sal ook hieruit voordeel trek.

“Die RPO wil graag die top bestuur van die departement bedank vir die konstruktiewe samewerking oor dieregesondheidskwessies wat veral sedert 2013 momentum gekry het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.