SA-krieketspeler deur moltrein doodgery

Tom Maynard

Tom Maynard (23), krieketspeler van Suid-Afrika, is Maandagoggend deur ʼn moltrein in Londen doodgery.

Maynard, die seun van Matthew Maynard, afrigter van die Nashua Titans, is gisteroggend dood nadat hy omstreeks 05:10 deur ’n moltrein getref is. Die Britse spoorwegpolisie het bevestig dat die voorval op die moltreinstelsel naby die Wimbledon Park-stasie gebeur het.

Die metropolisie het bevestig dat ʼn man vroegoggend in Arthuweg, SW19, deur hulle afgetrek is nadat hy glo heen en weer oor die pad gery het. Die man het met ʼn swart Mercedes-Benz C250 gery. “Die man het weggehardloop, en die polisie kon hom nie opspoor nie,” het die polisie gesê. Sowat 45 minute later is die lyk van ’n man op die spoorlyn gevind. Volgens die polisie pas die oorledene se beskrywing die man wat vroeër van die polisie af weggehardloop het.

Hampshire en Middlesex-spelers het Maandagaand 'n minuut lank stilte gehou ter nagedagtenis aan Tom Maynard

Maynard het vir die graafskap Surrey krieket gespeel. Surry se vlag het Woensdag halfmas gehang om rou te betoon oor dié belowende krieketspeler.

Geen misdaad word vermoed nie, maar die owerhede sal wel die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.