SA-krieketspeler speel in Adam Sandler-fliek

Dale Steyn en Adam Sandler

Suid-Afrika se snelbouler, Dale Steyn, gaan binnekort in ʼn rolprent saam met Adam Sandler en Drew Barrymore verskyn.

Steyn het onlangs ʼn ruk lank in Los Angeles, Amerika, spandeer om die tonele te verfilm, berig cricket365.com. Steyn sal homself in die rolprent, Family Moon, speel en basketballegende Shaquille O’Neil vertolk ook ʼn klein rolletjie.

Steyn speel glo ʼn Suid-Afrikaanse krieketspeler wat Sandler se karakter se seun in die rolprent moet bystaan. “Dit was alles wonderlik,” het Steyn op Sport24 gesê. “Adam is wonderlik. Hy het my tuis laat voel.” Volgens Steyn is die span by Warner Brothers en Happy Madison Productions baie vriendelik en professioneel. “Dit was ook wonderlik om mense soos Drew Barrymore en Shaq O’Neil te ontmoet. Shaq is baie groot. Ek pas hom net tot by sy skouer.”

Steyn kon glo die projek aanpak terwyl hy ʼn besering gehad het en nie aan die kriekettoer na Sri Lanka kon deelneem nie. Hy sal in Oktober weer by die span aansluit wanneer hulle teen Pakistan in die Verenigde Arabiese Emirate te staan kom.

Sandler het al ʼn paar sportverwante rolprente gemaak, onder andere die golf-rolprent Happy Gilmore. Hy het ook in 2005 in The Longest Yard verskyn, ʼn rolprent oor gevangenes wat Amerikaanse voetbal speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stoere Boer ·

En daar maak ons flieks i.p.v. om die sukkelende krieketspan in Sri Lanka te gaan help. Hoop nie die fliek gaan sy besering vererger nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.