SA-krieketspeler sterf toe bal hom teen kop tref

Argieffoto

Argieffoto

Darryn Randall (32), ʼn krieketspeler van Suid-Afrika, is Sondag in Alice in die Oos-Kaap dood nadat ʼn krieketbal hom teen sy kop getref het tydens ʼn premierliga-wedstryd tussen Old Selbornians en Fort Hare University.

“Randall is teen sy kop getref terwyl hy gekolf het,” het Krieket Suid-Afrika (KSA) in ʼn verklaring gesê. “Hy het sy bewussyn verloor en is na die Alice-hospitaal gehaas, maar dokters het tevergeefs probeer om hom by te bring.”

Randall het Grens in vier eersteklas-wedstryde en verskeie provinsiale jeugspanne verteenwoordig terwyl hy ʼn skolier was by Stirling Primary School en Selborne College in Oos-Londen. “Hy het homself reeds by die laerskool as ʼn gedugte afrigter gevestig,” het KSA bygevoeg.

“Ek dra KSA se diepste medelye namens die hele krieketfamilie oor aan Randall se familie, vriende, ander spelers, skeidsregters, klubs en almal wat by die wedstryd betrokke was,” het Haroon Lorgat, hoof uitvoerende beampte van KSA, gesê. Hy sê KSA sal berading bied aan almal wat betrokke was.

Hy word deur sy ma en verloofde oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.