SA kry eerste polisie-universiteit

SAPS hoet SAPDSuid-Afrika gaan sy eerste polisie-universiteit kry.

Heart 104.9FM het Woensdag berig dat ʼn ooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en UNISA aangegaan is vir die stigting van ‘n polisie-universiteit in die Paarl.

Na wat berig word, gaan 120 polisiebeamptes volgende jaar met hul studies daar begin.

Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het gesê die universiteit is ‘n poging om die polisiediens meer professioneel en doeltreffend te maak.

Nathi Mthetwa, die minister van polisie, het gesê die polisie sal opgelei word om hedendaagse en moderne misdaadneigings te hanteer.

Bron: Heart 104.9FM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alta ·

Hoop dat hulle werklik goeie opleiding gaan kry en dit nie nog ‘n eet-kombuis gaan word nie.

Ria ·

Wie gaan hul leer? Die polisie is al so korrup en vol misdadigers. Daar gaan ons swaar verdiende geld al weer vir wat?

Erich Goosen ·

Polisie universiteit is baie ambisieus. Om vir universiteitstoelating te kwalifiseer moet jy eers universiteitsvrystelling verkry (matriek met sekere vakke). Hoekom nie eers begin met sekondere skoolopleiding nie waar lede geleer kan word om te spel, te lees en behoorlik te kan skryf en om dalk ook ‘n motorvoertuig te kan bestuur nie. As die fundament gele is, kan daar gedink word aan tersiere opleiding. Daar is darem tans opvoedkundige instansies wat grade en diplomas in Polisiekunde aanbied vir die klein aantal lede wat die skolastiese en intellektuele vermoens het om verder te studier.

H J Bester ·

Stem saam Erich – wil egter verder aanvul tot jou betoog naamlik dat die kriteria vir toelating minstens matriek moet wees maar verderaan ook ‘n skoon misdaad rekord, afhandeling van basiese opleiding, geskiktheid, lojaliteit, integriteit, toewyding, patriotisme, ens. (alhoewel laasgenoemde waarskynlik moeilik meetbaar is). Daarenteen moet partyverband en onderdanigheid aan poltieke leiers allermins die kriteria wees.

Johleine ·

Erich Goosen praat jy! Die huidige kollege is in so belaglike toestand mens kan net lag daaroor! Wat van ons begin sommer DAAR eers dinge op standaard kry! LMGA!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.