SA kry nuwe laekoste lugredery

Safair, ʼn maatskappy wat vliegtuie verhuur en bestuur, het goedkeuring van die Suid-Afrikaanse Lugdiens Lisensiëringsraad ontvang om binnekort met ‘n binnelandse lugredery, FlySafair, te begin.

FlySafair gaan binnekort tot en met tien daaglikse vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad bedryf, het iAfrica Dinsdag berig. Hulle gaan gebruik maak van twee Boeing 737-400 vliegtuie vir die roete. Na beraming gaan die laekostelugredery van September af begin kaartjies verkoop en behoort hulle teen die einde van die jaar ten volle te funksioneer.

“Ons is baie opgewonde oor dié nuwe hoofstuk in Safair se geskiedenis en ons sien daarna uit om verder van diens te wees aan die Suid-Afrikaanse gemeenskap,” het Dave Andre, uitvoerende hoof van Safair, gesê.

“Ons het byna 50 jaar se ondervinding in lugvaart en ʼn uitstaande rekord van voortreflike diens in die lugvaartbedryf. FlySafair verteenwoordig ‘n natuurlike evolusie van hoe ons besigheid doen.”

Hy het gesê alhoewel mense sê dat die lugvaartbedryf ongunstig is vir nuwelinge, hulle al vir langer as ʼn halfeeu in die bedryf doenig is en dat hulle geen twyfel het dat hulle ʼn positiewe bydrae tot binnelandse vlugte gaan lewer nie. “Ons gaan ons naam hoog hou en net die hoogste standaarde handhaaf en uitnemende diens aan ons kliënte bied, en dit alles teen ‘n prys wat hulle kan bekostig. Ons sien daarna uit om hulle aan boord te verwelkom,” het hy gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

G@TVOL ·

Klink darem of daar darem vir n paar blankes nog kans in hierdie land is vir groot besigheid. Wat vir my snaaks is en nogal my kop n bietjie laat krap is: hoeveel moes hulle op-offer om in die bedryf te kom en te kan handel? Hoeveel werks geleenthede gaan vir die nie-blankes? Hoeveel shares besit hulle en hoeveel besit die HOE ouens wat vol koerupsie is?

JAVR ·

Een teen tien is die grootste aandeelhouer Gupta! As hulle gaan blankes aanstel gaan die non reflectants die redery boikot, so hoop dit antwoord jou vraag.

Peter Vonk ·

Kom ons kyk maar of hulle goedkoper gaan wees as die huidige rolspelers,waar is 1 Time ? daar was so n paar weke terug aanduidings dat hulle ook weer die mark gaan betree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.