SA kry nuwe politieke platform

Dr. Mamphela Ramphele

Dr. Mamphela Ramphele, die skrywer, aktivis en sakevrou, het Maandag bevestig dat sy ʼn nuwe “politieke platform” gaan stig. Sy het dit tydens ʼn perskonferensie by die Johannesburgse konstitusionele hof bekendgemaak.

“Vandag kan ek aankondig dat ek en ʼn groep mede-burgers ‘n nuwe party-politieke platform gaan skep. Die party sal daarop fokus om weer hoop vir die land aan te wakker om dit nog in ons leeftyd, die land van ons drome te maak,” het sy gesê.

Die inisiatief word Agang genoem. Dit beteken “Laat ons bou”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.